SWART LUIPERD REEKS - PRONK BOEKE
Die Swart Luiperd reeks is uitstekende aksie-avontuur verhale wat afspeel, hoofsaaklik in woude, maar ook op ander dele regoor die wêreld. Die hoof karakters is Leon Fouche alias Die Swart Luiperd, sy vrou Sonet, Bennie hulle seun (eers later in die reeks), Donker sy perd en Simson en Spikkels, twee luiperds. Interessant is dat die luiperds in van die boekies as jagluiperds aangedui word en in ander weer as luiperds. Persoonlik dink ek egter dit is luiperds, omrede jagluiperds in baie van die situasies waarin hulle beland het, nie die mas sou opkom nie.
In meeste van die verhale reis die Swart Luiperd saam met sy perd en twee luiperds kruis en dwars oor die wêreld op soek na aksie en avontuur. Die Swart Luiperd is gekant teen vuurwapens en is dus net gewapen met 'n jagmes en pyl en boog. Verder kan hy ook soos 'n tipiese Tarzan van ouds deur die oerwoud beweeg, deur te swaai van tak tot tak aan bobbejaantoue.
Braam le Roux (Abraham le Roux Botha) en Meiring Fouche (FA Venter) is die skrywers van die betrokke reeks. Beide Braam le Roux en Meiring Fouche is bekend as skrywers wat spanning en aksie hooggety kan laat vier en die betrokke reeks is geen uitsondering nie. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux het Meiring Fouche die reeks oorgeneem en dit voltooi met sewentig boeke in die reeks. Die betrokke reeks is vandag nog net so gewild as voorheen by alle ouderdomme, alhoewel minder mense vandag seker bewus is van die reeks wat jare gelede uiters populêr was.
Sirkel uitgewers wat die reeks in die laat sewentiger jare tot in die vroeë negentigs her uitgegee het, het per abuis verskeie foute gemaak met die skrywers, titels van die boeke en die volgorde waarin hulle oorspronklik uitgekom het. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.
VOORBLAAIE VERSAMELING
70 Items
Die mensvreters van Tsawo
Die bloedboodskap
Kamerade van die draak
Die kruipende dood
Die galg in die oerwoud
Die eiland van die blou duiwels
Pyle van vuur
Die mense van die meer
Rooi Maskers
Kloue van die valk
Skedels in die sand
Die dood kom stil
Man sonder kop
Die songod praat
Pad van die arend
Die duiwel is 'n vrou
Geheim van die wit heks
Gees uit die vuur
Waar die dooies leef
Dans van die dood
Bloedfees van die ape
Wraak van die Gorillas
Vallei van gedrogte
Rooi is die waters
Fees van die kopbeen
Die watermonster brul
Geheim van die berge
Newels van verraad
Bloed op die maan
Die laaste kreet
Die groot voël sterf
Die geheim van die Groen Hel
Spoor na die onbekende
Manne van die maan
Draer van die bloedstene
Die gorillas kom
Tiere van die heilige woud
Vegters van die slanggod
Goud en assegaaie
Die jagters van Bloedeiland
Kettings in die oerwoud
Oog van die Songod
Wraak van die woud
Bloed van die maagd
Die reus van Boendoe
Vlamme van verraad
Monsters Van Die Moerasse
Afgrond van wraak
Woud van onheil
Vlam van wraak
Sluiers oor die woud
Prinses van die arende
Woud van waansin
Rampokkers van die paradys
Die legende van Kumara
Die monsters van Komo
Monsters van die Bambiberge
Die purper arend
Avontuur in die Kongo
Moord in die oerwoud
Seun van die Swart Luiperd
Slagoffer vir die Slanggod
Dodelike druppels
Die plaag uit Egipte
Die renostermanne van die Moraberge
Die geheim van die begraafplaas van olifante
Watergraf vir die oerwoudman
Leeuspore tussen die lyke